Kursusse - Seniors

Kursusse vir die senior verkenners is vir Gr 11's tot 12's, neem wel kennis dat van die kursusse oorvleuel met die kursusse vir juniors.

-Weerbaarheid kursus: (Graad 10's en 11's)

Rampbestuur, gebeurlikheidsbeplanning, soek-en-redding, selfverdediging, makkerhulp, kettieverfbal – alles deel van
kampbeveiliging wat terselfdertyd ‘n noodsaaklike diens aan die kamp lewer. Enig in sy soort, waar rondsit en niksdoen nie
bestaan nie! Hier is karakter eienskappe soos oplettendheid, leierskap en selfhandhawing van belang, asook die vermoë
om te kommunikeer, situasies te analiseer, te beplan en organiseer.

-Spyseniers kursus: (Graad 10's, 11's en 12's)

As jy belangstel in die gasvryheidsbedryf, dan is hierdie die ideale ervaring en terselfdertyd lewer jy diens aan die kamp. 
Die kursus is verantwoordelik vir die kombuis van die Jagterkursus en jy kry die spyseniering kenteken.

-Kommunikator Kursus (Graad 11’s en 12’s)

Hierdie kursus gee jou geleentheid om kommunikasietegnieke en vaardighede te beoefen en as openbare skakelbeamptes
vir THABA  op te tree.

-Selfbehoud Kursus (Graad 11’s en 12’s)

As jy goggas wil eet, in die water wil speel of vry en vrolik in die bosse wil rond hardloop is Thaba Selfbehoud ... nie vir jou nie.  As jy hou daarvan om ‘n uitdaging aan te pak, as jy jouself beskou as ‘n avonturier, as jy weet jy is een van daai mense waaroor ander in bewondering fluister en as jy dink jy kan, is daar net een keuse wat sin maak.  Thaba Selfbehoud.

SB se Mense
Ons Fundi’s is vak spesialiste in hul professionele lewens. Vaardighede in veldkuns, oorlewing tegnieke en praktyk, extreme sport, navigasie en noodhulp verlening in die veld word aangebied deur mense wat dit elke dag in die regte wêreld doen.

Mentors
Die mentors is deur die selfde meule en het die Rigter pad gestap.  Hulle is daar om jou te lei, te ondersteun en as gids te dien op die pad wat jy aandurf.

Terrein
Thaba Selfbehoud bied ‘n kombinasie van fisiese en sielkundige uitdagings ontwerp om jou bloot te stel aan emosies en ervarings waaruit jy praktiese lewenslesse en self kennis kan bou.  Die terrein bied al die uitdagings van die bosveld, insluitend riviere, berge, doring bome en gras vlaktes.

-Rigtergroep (Graad 12’s)

Vaardighede wat tydens die vorige kursusse opgedoen is, sowel as addisionele lewensvaardighede, word bevestig en afgerond. 
Die Orde van die Mier (Goud) word aan die kandidate toegeken. Die een lekker ervaring op die ander.