Thaba Rigterskamp

-Wat is die Thaba Rigterskamp? 

Dit is die tweede stap na Rigterskap. Verkenners (Kadet-Rigters) wat Selfbehoud deurgemaak het kan uitgenooi word na die Rigterskamp. Dit is ‘n geleentheid waar kadet-Rigters belangrike vaardighede aanleer deur middel van verskeie ervarings en avonture.  Die klem tydens die Rigterskamp is op dissipline en leierskap. Kompetisies, leierskapsoefeninge, spele, veld, water en nog baie meer maak egter hierdie kamp ‘n onvergeetlike ervaring.

Tydens die Rigterskamp word die statie- en mentorkursus aangebied.

-Statiegroep

Staatmakers en jong offisiere wat die eerste keer op THABA kamp en nog nie die Staatmaker Oriënteringskursus en Mentoropleiding tydens die Rigterskamp gedoen het nie, MOET hierdie opleiding volg.  Dit is ’n voetevind geleentheid vol pret saam met jong vriende. Hier leer jy hoe om Mentor te wees en meer van Staatmaker wees, terwyl die statiegroep die gees op die kamp volhou.