Kursusse - Volwassenes

-Veldwerkspesialisasie

Die kursus is bekend as dié veldwerkspesialisasiekursus waar jy leer deur  te ervaar en al die alumni van die Bosuniversiteit van Thaba sal dit beaam. Doen nou hierdie hoogs interessante kursus en verwerf die Orde van die Mier (Offisiersklas).

-Kampspyseniering

In hierdie kursus ontdek u die kampkombuis as hoogs noodsaaklike en gespesialiseerde eenheid van enige kamp, maar ook as een van die lekkerste en geselligste plekke en mees bevredigende diens op die kamp. Teorie en praktiese ervaring komplimenteer mekaar om hierdie kursus ‘n hoogs bevredigende en verrykende belewenis te maak.

-Statiegroep

Staatmakers en jong offisiere wat die eerste keer op THABA kamp en nog nie die Staatmaker Oriënteringskursus en Mentoropleiding tydens die Rigterskamp gedoen het nie, MOET hierdie opleiding volg.  Dit is ’n voetevind geleentheid vol pret saam met jong vriende. Hier leer jy hoe om Mentor te wees en meer van Staatmaker wees, terwyl die statiegroep die gees op die kamp volhou.   

-Diensdoenende offisiere en -staatmakers

As u nie ‘n kursus op Thaba wil deurloop nie, maar eerder ‘n diens wil verrig, is u welkom om by een van die kursusse betrokke te raak, of in die kombuis, admin, noodhulp of kamponderhoud hulp te verleen. Vir elke Staatmaker is daar plek op Thaba – of jy diens verrig en of jy ‘n spanleier is.