Kursusse - Juniors
Kursusse vir die junior verkenners is vir Gr 8 tot 10's, neem wel kennis dat van die kursusse oorvleuel met die kursusse vir seniors. (kliek hier vir kursusse vir senior verkenners)
-Veldontdekker kursus: (Graad 8's)
Ontdek die veld deur ervaring. Leer die veld ken soos nog
nooit te vore nie en voltooi die veldstudie kenteken. Jy sal
nooit weer bang wees vir wat die veld kan oplewer nie.
Die kursus gaan oor die ontdekking van jouself, ontdekking
van die natuur - deur kennis op te doen in die veld - en
ontdekking van ons Skepper en Sy Liefde vir ons.
-Voetslaan kursus: (Graad 8's en 9's)
Lus vir iets meer fisies? Stap in tipiese Bosveld terrein,
op ‘n interessante staproete terwyl jy die voetslanerskuns
bemeester en ook leer hoe om in die veld te kan leef.
-Veldwerker kursus: (Graad 9's en 10's)
Hier is ‘n uitdaging as jy wil leer om in die natuur te
kan oorleef, met en sonder moderne hulpmiddels. Dit is
nie net ‘n oorlewingskursus nie, maar maak die Verkenner paraat vir enige iets. Die 36 uur lange Oefening STINKMIER
toets jou vaardighede tot die uiterste. Aan die einde van die
kursus ontvang jy ook die veldvernuf kenteken.
-Jag kursus: (Graad 9's en 10's)
Leer in hierdie kursus van jagtegnieke, wildbeheermetodes
en talle ander vaardighede op hierdie gebied. Die kursus
word aangebied deur bekwame offisiere en jagters.
Daar is net plek vir 42 verkenners, so skryf betyds in!
(Jag en wildbeheer kenteken)
-Weerbaarheid kursus: (Graad 10's en 11's)
Rampbestuur, gebeurlikheidsbeplanning, soek-en-redding,
selfverdediging, makkerhulp, kettieverfbal – alles deel van
kampbeveiliging wat terselfdertyd ‘n noodsaaklike diens aan
die kamp lewer. Enig in sy soort, waar rondsit en niksdoen nie bestaan nie! Hier is karakter eienskappe soos oplettendheid,
leierskap en selfhandhawing van belang, asook die vermoë
om te kommunikeer, situasies te analiseer, te beplan en organiseer.
-Spyseniers kursus: (Graad 10's, 11's en 12's)
As jy belangstel in die gasvryheidsbedryf, dan is hierdie die
ideale ervaring en terselfdertyd lewer jy diens aan die kamp.
Die kursus is verantwoordelik vir die kombuis van die
Jagterkursus en jy kry die spyseniering kenteken.



