April Kamp
Elke jaar tydens die April skoolvakansie, kom ongeveer 400 verkenners en volwassenes bymekaar vir Thaba Veldwerkkamp. Tydens die April, of 'Groot kamp', word kursusse vir Gr8 tot 12 aangebied, sowel as kursusse vir volwassenes. Verkenners leer leierskap, groepinteraksie, konflik hantering, veld kennis en belangriker nog, van ons Skepper tydens daaglikse bybelstudie in klein en groot groepe. Ons doel is om elkeen die kans te gee om meer van hulleself, die natuur en ons Skepper te leer.
Kom wees deel van diè ongelooflike kamp vir 'n onvergeetlike ervaring en beleef die legende.




