Wat is Thaba Veldwerkkamp?
Thaba Veldwerkkamp geskied reeds 13 jaar op die plaas Klipkop, 13km noord
van Brits.
Verkenners kan uitsien om van die volgende kursusse te kies:
Voetslaner, kampbeveiliging, selfbehoud, jag en wild beheer en nog vele meer.
Volwasse lede van die Voortrekkers, kan by hierdie
kursusse diens doen tydens die kamp of by een van die volwassene kursusse inskryf.
Die aard van die kamp is anders as enige ander Voortrekker kamp in die land,
omdat daar slegs 'n boorgat op die terrein bestaan. Al die ander geriewe van
die kombuis, tot storte en ablusiegeriewe word self deur die Veldwagmeester
gebou, en onderhou.
Om op Thaba te kamp, en Thaba se water te drink is nie slegs 'n ervaring
nie, maar 'n besondere geleentheid om jou verhouding met jouself, jou Skepper
en jou medemens, in die rou natuur te beleef!
Waag dit om jouself 'n besondere kamp te gun, waarna jy 'n kopskuif sal moet
maak, want Thaba word jou huis.
Thaba Waardes
Geloof...
Geloof in my God
Geloof in my Volk
Geloof in myself
Respek...
Respek vir myself
Respek vir my medemens
Respek vir die natuur
Integriteit...
Beginselvas
Eerlik
Betroubaar
Trots...
Trots op myself
Trots op my volk
Trots op my land
![]()

Thaba 2012!!
Inskrywingsvorms
As jy nie die dokument kan oopmaak nie, kliek hier om adobe acrobat af te laai



